Jan Ellis oorlede

Die foto van Jan Ellis het destyds in die Huisgenoot verskyn.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Vrydagmiddag die afsterwe van die voormalige Springbok-losvoorspeler Jan Ellis bevestig.

Eliis, wat eens die rekordhouer was vir die meeste Springbok-toetse, is in die ouderdom van 71 in ʼn hospies in Pretoria aan kanker oorlede. Ellis het in 38 van die 39 Springboktoetse gespeel wat van sy debuut in 1965 tot sy finale toets in 1976 plaasgevind het.

“Ons meegevoel gaan uit aan Jan se familie en vriende,” het Oregan Hoskins, president van Saru, gesê. “Jan Ellis was een van die beste Springbok-losvoorspelers van enige era. Hy was een van daardie ongelooflike taai Springbok-voorspelers waarvoor ons land bekend is.”

Ellis het sy eerste toets gespeel tydens die Springbokke se toer na Australië en Nieu-Seeland in 1965. Hy was net 22 jaar oud toe hy sy debuut vir die Springbokke gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.