Jan Taks kry veel meer as verwag

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het 9.6% meer belasting ingesamel as die vorige jaar.

“’n Totaal van R814.1 miljard is tydens die 2012/13 fiskale jaar, wat op 31 Maart geëindig het, ingesamel,” het Pravin Gordhan, minister van finansies, Dinsdag gesê. “Dit is 9.6% hoër as die R742.6 miljard wat in 2011/12 ingesamel is. Dit is ook R4 miljard meer as die 2013 hersiende beraming. “Die SAID het goed presteer, gegewe die huidige wêreldwye ekonomiese klimaat en huishoudelike ontwrigting van aanbod.” Die ontwrigtings was hoofsaaklik in die mynbedryf wat tot ‘n middelmatige ekonomiese groei gelei het, van 3.5% in 2011 tot 2.5% in 2012.

Die drie hoofbydraers was persoonlike inkomstebelasting, korporatiewe inkomstebelasting en belasting op toegevoegde waarde (BTW).

Volgens Gordhan is die konstruksiebedryf die sektor wat die minste aan belastingvereistes voldoen. Ondanks pogings om nakoming te verbeter, skuld deelnemers die SAID uit dié bedryf nagenoeg R4 miljard aan uitstaande belasting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.