Jan Taks smeek glo om vergifnis

Oupa Magashula. Foto: GCIS/SAPA

Oupa Magashula, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het glo om vergifnis gesmeek nadat hy Vrydag summier bedank het weens sy bande met ’n veroordeelde dwelmhandelaar.

“Ek het die hoogste agting vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Ek het die minister gesien en aan hom gevra om my asseblief te vergewe,” het Magashula aan die Sunday Times gesê. “Ek het ʼn onvanpaste gesprek met daai mev. [Nosipho] Mba gehad. Dit was eintlik net ʼn geterg. Daar was geen bedoeling om die werwingsproses van die SAID te ondermyn nie. Ek het bedank omdat ek omgee vir die SAID.” Magashula het die uitlatings aan die Sunday Times gemaak vanuit sy hospitaalbed waar hy vir hoë bloeddruk behandel word. Pravin Gordhan, minister van finansies, het Vrydag Magashula se bedanking aangekondig na afloop van ʼn ondersoek na bewerings dat hy vir ʼn geoktrooieerde rekenmeester ʼn werk by die SAID aangebied het. Timothy Marimuthu, ʼn veroordeelde dwelmhandelaar wat glo ʼn invloed oor Magashula het, het glo die gesprek met die rekenmeester fasiliteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.