Jansen: ‘Ons kort 50% slaagsyfer’

klaskamer-320x240Staatskole moet ʼn slaagsyfer van 50% stel ten einde die land se onderwysstelsel weer op koers te kry, het prof Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, aan die Sunday Times gesê.

“Ons moet begin deur die slaagsyfer vir alle skoolvakke na 50% te verhoog,” het Jansen gesê. Hy sê dit maak nie saak wat die slaagsyfer vir 2013 se matrieks gaan wees nie aangesien dit “erg misleidend” is. “Die slaagsyfers word steeds uitgewerk op die basis van 30% vir sommige vakke en 40% vir ander vakke.” Jansen het ook sy kommer uitgespreek oor die “uitdunningsproses” waarvolgens 500 000 leerders wat met graad een begin het voor matriek skool verlaat. Jansen het ook beklemtoon dat die nuwe beleid verhoed dat ʼn leerder graad 10-12 meer as een keer herhaal. “As jy een keer druip dan word jy outomaties bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.