Japan beloof miljarde vir Afrika

Shinzo Abe, eerste minister van Japan

Japan het $32 miljard in finansiële bystand oor die volgende vyf jaar aan Afrika belowe, het die Afrika-unie (AU) Saterdag gesê.

Shinzo Abe, eerste minister van Japan, het sy land se bystand aan Afrika beloof. “Hy het die belofte tydens die openingseremonie van die vyfde Tokyo Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling (TICAD V), wat tussen 1 en 3 Junie in Yokohama, Japan plaasvind, gemaak,” het die AU in ‘n verklaring gesê.

Duisende gaste, insluitend meer as 30 staatshoofde van Afrika, het positief op dié uitnodiging reageer.

TICAD V word onder andere deur die voorsitter van die AU Hailemariam Deslegn, kommissievoorsitter van die AU Nkosazana Dlamini-Zuma, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moon en die president van die Wêreldbankgroep Jim Yong Kim bygewoon.

Abe het aangekondig dat die bedrag veral teenoor die ondersteuning van infrastruktuur en menslikehulpbronontwikkeling, gesondheid, landbou, vrede en stabiliteit aangewend sal word. Deslegn en Dlamini-Zuma het saamgestem oor die prioriteitsgebiede.

Dlamini-Zuma het klem gelê op die behoefte om in opleiding en vaardigheidsontwikkeling te belê om industrialisasie te versnel.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.