Japan kry “Snoopy-eiland”

Die sogenaamde Snoopy-eiland (foto: Twitter) en die bekende strokieskarakter

Die sogenaamde Snoopy-eiland (foto: Twitter) en die bekende strokieskarakter

‘n Nuwe vulkaniese eiland wat vroeër vanjaar sowat ‘n duisend kilometer suid van Tokio, Japan ontstaan het, het bly “groei” en pas so uitgebrei dat dit met die bestaande eiland, Nishinoshima saamgesmelt het.

Dit was met die samesmelting wat waarnemers besef het – uit die lug gesien lyk die saamgestelde eiland net soos die strokieskarakter, Snoopy.

Op Twitter word die “nuwe eiland” nou flink “Snoopy-eiland genoem, en vreeslik die draak gesteek.

‘n Poel geelkleurige soutwater is in ‘n strook tussen die twee dele van die nuwe eiland vasgevang, en vorm ‘n perfekte halsband.

Die nuwe eiland is nog aan die groei, en dit is te betwyfel of die unieke voorkoms net so behoue sal bly. Die moontlikheid bestaan ook dat die nuwe eiland kan weggerodeer wanneer die vulkaniese werking ophou.

Die regering van Japan het nuuskierige toeriste gemaan om weg te bly aangesien die vulkaniese werking gevaar kan inhou. Die eiland maak deel van die Bonin-groep uit wat regstreeks uit Tokio geadministreer. Die see daar is baie diep en lê aan die Mariannatrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kraalmuur ·

Skitterend!

Maar beteken dit nou die einde van aardverwarming? Dit lyk oseaanvlakke is besig is om te daal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.