Japan stuur duisende om Filippyne te gaan help

Vóór en ná die tifoon Foto deur @StephanieAbrahams, Twitter

Vóór en ná die tifoon
Foto deur @StephanieAbrahams, Twitter

Nagenoeg 1 200 soldate en drie oorlogskepe, tien vliegtuie en ses helikopters vertrek volgende week na die Filippyne om met noodverleningswerk te help ná ‘n dodelike tifoon die land getref het.

Die soldate vertrek reeds volgende week tussen Maandag en Vrydag en sal hulle veral op die verspreiding van hulpbronne, mediese hulp en kwarantyndienste toespits.

Japan stuur nou versterkings nadat die land aanvanklik 50 noodreddingswerkers na die tifoongeteisterde land gestuur het. Dit is die grootste afvaardiging wat dié land al ooit gestuur het vir noodverligting in die buiteland.

Dit is die eerste keer sedert 1944, toe een van die grootste veldslae van die Tweede Wêreldoorlog op dié eiland plaasgevind het, dat Japannese soldate aktief diens sal doen in Leyte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.