Japan verloor duikboot

Argieffoto

Argieffoto

Japan het Woensdag erken dat sy vloot ʼn onbemande duikboot van $5 miljoen (ongeveer R54.5 miljoen) verloor het.

“Die maritieme selfverdedigingsmag het die afstandbeheerde duikboot in November in die Tsugaru-seestraat tussen Honshu en Hokkaido gebruik,” het ʼn amptenaar van die weermag aan AFP gesê. “Die tuig was besig met ʼn opname om die onderwaterterrein, waterstrome en temperatuur te ondersoek.”

Die onbemande duikboot, wat drie meter lank en twee meter breed is, weeg ongeveer vyf ton. Dit het verdwyn nadat die kabel, wat dit aan ʼn boot gekoppel het, gebreek het. Die seebodem is die volgende nege dae lank gefynkam, maar dit was tevergeefs. “Die ministerie sal die voorval ondersoek,” het die beampte gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.