Japannees vasgetrek wat amper 1 000 skoene steel

Argieffoto

Argieffoto

‘n Japannees wat hoëhakvroueskoene “vir die lekkerte” uit nagklubs gesteel het, is vasgetrek.

In ‘n bergingsruimte wat Sho(e) Sato (28) spesiaal vir die doel gehuur het, het die polisie op 450 pare skoene afgekom. Hy het hom op 6 Januarie in die lang arm van die gereg vasgeloop toe hy in ‘n Tokiose rooiliggebied hom uit die voete probeer maak het. Hy het kontant en meer as R10 000 se skoonheidsmiddels by hom gehad.

Verdere ondersoeke het na die bergingsruimte gelei waar die skoene gevind is, luidens ‘n mededeling Woensdag deur die polisie in Tokio.

Sato sê hy het geen planne gehad om die skoene te verkwansel nie, en dat hy dit bloot vir die lekkerte gedoen het.  Hy het volgens die Japannese media die vrouepersoneel se kleedkamer as ‘n “skatkis” beskryf.

Bron: De Standaard, The Tokyo Reporter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.