Japanner wat 29 jaar na WO II bly veg het, oorlede

‘n Argieffoto van AFP toe Onoda 29 jaar na die oorlog uit die woud gestap het.

‘n Argieffoto van AFP toe Onoda 29 jaar na die oorlog uit die woud gestap het.

‘n Japanner, wat eers 29 jaar ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog uit die woude van die Filippynse eiland, Lubang gekom het om hom oor te gee, is in die ouderdom van 91 oorlede.

Luitenant Hiroo Onoda wou nie glo Japan het die oorlog verloor nie. Hy het wel in 1945 pamflette gekry wat gelui het die oorlog is verby, maar het gedink dis ‘n Amerikaanse slenter.

Hy het in 1974 uit die woud gekom nadat ‘n Japannese avonturier hom opgespoor het. Onoda het tot in daardie stadium aangedring hy sal slegs oorgee as hy deur sy opperbevel ingelig word dat Japan die oorlog verloor het. Uiteindelik kon ‘n oud-kommandant van die bittereinder hom oortuig om te voorskyn te kom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.