Jasmin-moord: Oom in hof

Jasmin Pretorius

Jasmin Pretorius

Talle mense, waarvan die meeste pienk T-hemde aangehad het, het Dinsdag by die Brakpan-landdroshof bymekaargekom voor die hofverskyning van die man wat van die moord en verkragting van die vierjarige Jasmin Pretorius verdink word. Die verdagte is Jasmin se oom.

Jasmin het ‘n pienk T-hemp aangehad op die dag wat sy vermoor is.

Wynand Kruger (11) is een van die paar kinders wat opgedaag het om hul ondersteuning aan Jasmin se familie te betoon. Hy het ‘n plakkaat gedra met die woorde: “Bring terug die doodstraf. Ons soek geregtigheid vir kinders, bring hom uit”.

Daar is ‘n groot polisieteenwoordigheid buite die hof nadat betogers tydens die verdagte se vorige hofverskyning buite die hof amok gemaak het.

Die 23-jarige verdagte is Saterdag, 28 Desember in hegtenis geneem nadat Jasmin as vermis aangemeld is. Die polisie het familielede ondervra en ontdek dat die verdagte nie ʼn geloofwaardige weergawe van die gebeure kan gee nie. Hy het later ingegee en ‘n verklaring afgelê waarna hy die polisie na die meise se liggaam geneem het. Haar liggaam was onder ʼn bed in haar pa se woonstel in Voortrekkerstraat in Brakpan weggesteek.

Lees ook:
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Jasmin: Groep stap uit oor politiek
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Wat gaan werklik gebeur as daai man borg kry? Is dit nie maar veiliger binne, as buite die tronk vir hom nie?

Ai ai ·

AmY, in my hart wens ek hy kry borg, daar moet ‘n voorbeeld gemaak word, vir die wat kinders mishandel, verkrag, doodmaak, dit kan nie so aangaan nie, hoeveel kinders is buite wat hierdeur moet gaan, waarvan ons nie weet nie!

Leana ·

Gee hierdie vullis vir die publiek ! Hoekom nog tyd en geld mors om hom te verhoor ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.