Jasmin-moord: Oom weer in hof

Jasmin Pretorius

Jasmin Pretorius

Die 23-jarige oom van die vermoorde en verkragte Jasmin Pretorius (4) verskyn Maandag vir die derde keer in die Brakpan-landdroshof.

Die verdagte is op 28 Desember in hegtenis geneem nadat Jasmin vroeër dieselfde Saterdag as vermis aangemeld is. Die polisie het familielede ondervra en ontdek dat die verdagte nie ʼn geloofwaardige weergawe van die gebeure kon gee nie. Hy het later ingegee en ‘n verklaring afgelê waarna hy die polisie na die meisie se liggaam geneem het. Haar liggaam was onder ʼn bed in haar pa se woonstel in Voortrekkerstraat in Brakpan weggesteek.

Tydens sy vorige hofverskyning op 7 Januarie het hy staatsregshulp versoek. Die hof was volgepak met ondersteuners wat pienk T-hemde aangehad het, dieselfde kleur T-hemp wat Jasmin aangehad het toe sy vermoor is. Geen selfone, kameras, tablette of skootrekenaars is in die hof toegelaat nie.

Lees ook:
Jasmin vandag veras
Jasmin-moord: Saak uitgestel
Jasmin-moord: Oom in hof
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Jasmin: Groep stap uit oor politiek
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

LEWENSLANK sou te kort wees !

Ek het dit al vantevore gesê, en sal weer, sedert die doodstraf afgeskaf is, het misdaad met rasse skrede toegeneem, veral verkragting en moord.

Dit is die enigste oplossing, of ten minste, voornemende moordenaars sal twee maal dink … BRING TERUG DIE DOODSTRAF.

sarie ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!!!!!!!!!!Die wat hulle hom gevat het na ‘n veilige bewaring,gee hom vir die brakpan mense,geen genade,hy het dit nie vir die dogtertjie gehad nie,gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.