“Jedi” val klante met Star Wars-ligswaard aan

ʼn Regter in Oregon, Amerika, het ʼn man tot 45 dae tronkstraf en ʼn psigiatriese ondersoek gevonnis nadat hy klante Desember in ʼn speelgoedwinkel glo met ʼn ligswaard aangeval het.

David Allen Canterbury het aan regter Kenneth Walker gesê dat hy glo reeds sielkundige behandeling ontvang. Canterbury het glo ook reeds verskoning gevra vir sy slagoffers. Die Oregonian berig dat die 33-jarige Canterbury Maandag skuldig gepleit het op aanranding en dat hy homself teen inhegtenisname verset het. Polisie in Portland het gesê dat Canterbury glo ʼn Star Wars-ligswaard in elke hand gehad het en drie klante op 14 Desember by ʼn Toys R Us-winkel aangeval het. Hy het die winkel verlaat en toe die ligswaarde na polisiemanne geswaai. Beamptes het hom uiteindelik op die grond kon vaspen. Canterbury is verbied om weer die winkel te besoek. Niemand is ernstig beseer in die aanval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.