Jeffreysbaai ly verlies ná kompetisie gekanselleer word

Jeffreysbaai in die Oos-Kaap gaan sowat R20 miljoen aan toerisme-inkomste verloor weens die jaarlikse brandplankry-kompetisie wat dié jaar nie gaan plaasvind nie.

Die Billabong Pro-branderplankrykompetisie word al 25 jaar lank jaarliks in Jeffreysbaai aangebied, berig die Cape Times. Die geleentheid se hoofborg, Billabong, het glo sy befondsing onttrek omdat die maatskappy in finansiële moeilikheid is en moontlik verkoop gaan word.

“Billabong was die afgelope 25 jaar lank die hoofborg van dié geleentheid,” het Chad D’Arcy, bemarkingsdirekteur van Billabong Pro, gesê. “Daar was al talle ander borge oor die afgelope paar jaar, maar hulle het slegs ʼn klein persentasie van die totale koste van die kompetisie bygedra.”

Twee-en-dertig van die land se top-branderplankryers, insluitend junior, neem jaarliks aan dié kompetisie deel. Daar is gewoonlik ook vier loslootjies, insluitend internasionale branderplankryers.

Craig Jarvis, woordvoerder vir die geleentheid, het aan die koerant gesê die kompetisie kon dié jaar gered gewees het indien daar staatsbefondsing beskikbaar was. “Dit is egter onwaarskynlik dat dit sal gebeur. Dit is ʼn reuse teleurstelling vir die plaaslike gemeenskap en branderplankry in die algemeen,” het Jarvis gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.