Jemen-ontvoering: Vyf verdagtes in hegtenis geneem

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met Maandag se ontvoering van ʼn Suid-Afrikaanse egpaar in Taiz in Jemen.

ʼn Regeringswoordvoerder het laat Woensdagaand egter gesê dit is nog nie bekend waar die twee hul tans bevind nie, berig AP.

Maroela Media het Woensdag berig Suid-Afrikaanse diplomate het na Jemen vertrek om te help met onderhandelinge om ʼn Suid-Afrikaanse egpaar vry te laat.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het laat Dinsdagmiddag bevestig dat die twee mense wat Maandag deur gewapende mans in Taiz ontvoer is, wel Suid-Afrikaners is.

Die ontvoering hou glo verband met ʼn gronddispuut tussen ʼn plaaslike leier en owerhede. Intussen het Abdel-Hamid el-Batra, die parlementslid van Jemen wat by die gronddispuut met die regering betrokke is, ontken dat hy iets met die ontvoering te doen het. El-Batra het gesê die regering pak die skuld op hom omdat hulle daarin misluk om buitelanders te beskerm.

Lees ook:
SA-diplomate na Jemen oor ontvoerde paartjie
Ontvoerdes in Jemen wel van SA
Gerugte van ontvoerde SA’ners in Jemen ondersoek
Twee van SA glo in Jemen ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.