Jessica Leandra dos Santos wil vrede maak

Jessica Leandra dos Santors

Die model Jessica Leandra dos Santos het op Mmusi Maimane, die DA se nasionale woordvoerder, se openbare brief gereageer en gesê sy bereid om van Maimane se offer gebruik te maak om saam met Tshidi Thamana om ʼn tafel te sit en vrede te maak.

In haar brief (gedateer 7 Mei) bedank sy Maimane vir sy brief en uitnodiging. Sy erken dat sy onverantwoordelik opgetree het en die nasie “tot op sy knieë gebring het”.
“Ek is meer as bereid om jou uitnodiging te aanvaar in die hoop dat dit genesing en versoening kan bring om die situasie te beredder,” het sy geskryf.

Sy het egter gepleit dat dit nie ʼn politieke aangeleentheid moet word nie. “As dit die geval gaan wees, is ek ongelukkig nie geïnteresseerd nie. Die voorval het nie as ʼn politiese debat begin nie en moet nie nou in een ontaard nie. Die proses moet genesing bring.”

Sy het ʼn beroep op Tshidi gedoen om ook die geleentheid aan te gryp en die pad saam haar te stap. “Ek weet in my hart dat jy nie die haat wat jy op Twitter gewys het, in jou hart rond dra nie.”

Sy sluit af deur aan Suid-Afrikaners te skryf: “My ongegronde boodskap was nie bedoel om die nasie seer te maak nie maar was slegs op ʼn individu gerig en ek vra om verskoning vir my optrede.”

Thamana het nog nie op die briewe gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

maryke ·

Ek twyfel of sy die nasie ’tot op hulle knieë gebring het’ want haar uitlatings verander niks aan my lewe nie. Ek wonder tog of Tshidi gaan reageer? Ek is bly om te sien dat Dos Santos wel jammer is, ek hoop net die ander een sal ook haar jammerte uitspreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.