Jeug trek tronkpakke aan in protes teen rassediskriminasie

‘n Afvaardiging van AfriForum Jeug Tukkies gaan Dinsdag in swart en wit tronkpakke ‘n memorandum aan die registrateur van die Universiteit van Pretoria (UP), prof. Nick Grové, oorhandig in protes teen rasseklassifikasie wat studente soos tronkbewoners by hulle eie universiteit laat voel. Dit merk ook die begin van ‘n referendum waaraan studente kan deelneem om te stem of rasseklassifikasie steeds by die UP gebruik moet word.

Daarbenewens word versoek dat rasseklassifikasie in terme van beurstoekennings, Huiskomitee (HK)-verkiesings en toelating tot sekere fakulteite, geskrap word.

“As jongmense voel ons soos gevangenes wat vasgevang is in ‘n tronk van politieke korrektheid. Rasseklassifikasie is besig om van Tukkies ‘n tronk te maak en studente gaan met hierdie memorandum vra dat die tralies oopgesluit word en studente vrygemaak word van ‘n politieke speelveld vir die regerende party,” het Barend Taute, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.