Jeugliga: ‘Masina het ‘fork off’ en nie ‘f***f’ gesê nie’

Mzwandile Masina. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mzwandile Masina. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mzwandile Masina, sameroeper van die ANC-jeugliga se nasionale taakspan, het “fork off” by ʼn mediakonferensie gesê en nie “f***f” soos in die media berig is nie, aldus die ANC-jeugliga.

Masina het Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, tydens ʼn mediakonferensie van die Progressiewe Jeugalliansie gekritiseer oor sy standpunt teenoor Cosatu, die SAKP en die ANC-alliansie. “Kyk, jy sien, ons standpunt is baie duidelik. Irvin Jim moet f***f indien nodig, as ʼn persoon, aangesien hy nie die strukture van die beweging insluitend Numsa kan aftrek met sy nonsens nie. Want dit is een persoon wat ʼn persoonlike vendetta teen die president [Jacob Zuma] het en hy gaan voort om ons elke dag te verneder. Dis tyd vir hom om te f***f. Hy is vry om dit te doen.” Die ANC-jeugliga het egter later beweer dat Masina “fork off” en nie “f***f” gesê het nie. “Wat Masina gesê het beteken Jim moet ʼn ‘aparte pad gaan; weggaan’. Dit is nie vulgêre taal of ʼn vloekwoord nie.”

Jim het Vrydag gesê dat Numsa nie die ANC in volgende jaar se verkiesing sal ondersteun nie en ook nie langer bydraes aan Cosatu en die SAKP sal lewer nie. Jim het die uitlatings tydens Numsa se spesiale kongres in Boksburg aan die Oos-Rand gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert ·

Whaaaahaaaahaaaaaaa! Nog ‘n verkeerde interpretasie! Kyk, ons moet darem hierdie sogenaamde politikuste goeie punte gee vir hul vindingrykheid!!!!

Gideon ·

Nou het ek alles gehoor- dit is nou ‘n gelieg wat hulle later self glo. Dit laat my dink aan die boer wat al so moedeloos was vir almal wat op sy plaas kom ansoek doen het vir werk en noem toe ook per ongeluk die gewraakte “K” woord. Die polisie daag toe op om die klag te ondersoek waarop die boer ewe vroom sê, nee in my hele lewe sal ek nooit daardie afskuwelike woord gebruik nie, ek het wel aan die man gesê ” ek is nie ‘n werksverskaffer nie”. Saak was opgelos.

Pieter ·

Askies julle, ek het seker net verkeerd gehoor. Dis my eie vuil gedagtes wat my laat dink hy het gevloek!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.