‘Jeugliga sal verantwoordelik gehou word vir skade tydens optogte’

Die ANC-jeugliga het ʼn ooreenkoms met die Johannesburgse metropolisie onderteken waarvolgens die organisasie verantwoordelik gehou sal word vir enige skade wat aangerig word tydens sy beplande massa-optogte Donderdag en Vrydag in Gauteng.

Beeld berig betogers kom Donderdagoggend om 10:00 by die Beyers Naudé-plein in die Johannesburgse middestad bymekaar van waar die optog begin wat via die Johannesburgse Aandelebeurs by die Uniegebou eindig. Die Tshwane-metropolisie het vroeër die jeugliga se aansoek om Donderdagaand ʼn nagwaak by die Uniegebou te hou afgekeur. Die jeugliga sê egter hy sal die nagwaak by ʼn ander bestemming hou. ʼn Woordvoerder van die Tshwane-metro, Console Tleane, sê die aansoek is afgekeur aangesien die Uniegebou ʼn “nasionale sleutelpunt is”. Die jeugliga het egter toestemming gekry om Vrydagoggend ʼn optog te hou na die Uniegebou waar hulle ʼn memorandum aan die presidensie sal oorhandig. Die jeugliga sê die massa-optogte op 27 en 28 Oktober is vir “ekonomiese vryheid”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.