JFK-memorabilia opgeveil

John F Kennedy en Jackie Kennedy Foto: Mark Shaw

John F Kennedy en Jackie Kennedy Foto: Mark Shaw

Nagenoeg 300 aandenkings wat verband hou met pres. John F Kennedy van Amerika se sluipmoord, is Donderdag by ʼn veiling in Massachusetts verkoop.

Die veiling is by Omni Parker House-hotel gehou, weke voor die 50ste herdenking van die president se sluipmoord in Dallas, Texas, op 22 November 1963, berig nbcnews.com.

ʼn Goue troupand wat aan Lee Harvey Oswald, Kennedy se sluipmoordenaar, behoort het, is ook te koop aangebied. Volgens die afslaers het ʼn koper van Texas, wat anoniem wou bly, $108 000 (ongeveer R1.06 miljoen) vir die ring aangebied. Die ring het glo ʼn klein hamer en sekel op, wat tradisioneel ʼn simbool van die kommuniste party is. Die ring het glo 49 jaar lank vergete bly lê in ʼn lêer by ʼn prokureur se kantoor, en is verlede jaar aan die familie terugbesorg.

ʼn Brief van Oswald se weduwee was ook deel van die veiling.

Oswald se rewolwer, weermagmes, reënjas en skaakstel is ook te koop aangebied.

ʼn Klossie hare van Kennedy wat in Julie 1963 deur sy haarkapper versamel is en ʼn ring wat hy by sy vrou Jacqueline gekry het, is ook te koop aangebied. Die ring van 18 karaat het die presidensiële seël op en is gegraveer met die letters “J.B.K. to J.F.K.”

Klik hier om ‘n virtuele katalogus te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.