JHB-betogers maak amok in Beyers Nauderylaan

Argieffoto

Argieffoto

Beyers Nauderylaan moes Maandag vir verkeer gesluit word nadat betogers van Zandspruit, naby Honeydew in Johannesburg, klippe na voertuie gegooi het.

Die inwoners het oor beter dienslewering in die omgewing betoog en ook die pad versper met klippe en brandende bande.

“Geen sake is aanhangig gemaak nie en geen beserings is aangemeld nie,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

Beyers Nauderylaan was vir ʼn geruime tyd tussen Johan- en Pieterstraat gesluit en het erge verkeersopeenhopings veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marieta ·

Daar sal veel meer aandag en fondse geskenk kan word, vir beter dienslewering, as daar nie elke keer moet aandag gegee word aan dit wat wel in plek was, maar deur sinnelose geweld en optrede, beskadig is nie. Rassionele mense is intelligent genoeg om te besef, geweld en misdaad het net ellende tot gevolg. Maar nee, alles en almal word blameer vir hulle barbaarse optrede, solank hulle net nie self verantwoordelik gehou word nie. Is mos nog altyd makliker om kastige ” apartheid” as verskoning vir swak gedrag voor te hou.

Grassie ·

Dit is die polisie se plig om openbare infrastruktuur asook privaat eiendom, soos bv verbygangers se voertuie ten alle koste te beskerm, maar hulle doen dit nie meer nie. Hulle is al so ge-intimideer dat hulle te vrek bang is om hulle plig te doen. As hulle optree en net een van die verwoesters steek miskien die lepel in die dak is die hel los, dan word al die betrokke polisiemanne summier geskors en aangekla. Dit is berekende Marxistiese werkswyse om openbare orde af te takel.

oom koos ·

En na al die klipgooiery en afbrand van skole en biblioteke raai wie gaan weer vir die regerende party stem?

Jasper ·

As die land nou mooi in chaos gedompel is,is dit soveel makliker vir onse Juli-arse om oor te neem. Sonder n verkiesing.

Grassie ·

Maroela nuus – julle haal my kommentaar sommer vir nonsies af. Ek doen baie moeite om binne julle riglyne te bly. Ag nee sies man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.