JHB-bobbejaan steeds op vrye voet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bobbejaan is steeds op vrye voet in die noordelike voorstede van Johannesburg, het die DBV Dinsdag gesê.

“Dit is soos om Spiderman te probeer vastrek,” het Wendy Wilson, inspekteur van die natuurlewe-eenheid vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gesê. “Die betrokke bobbejaan is al vir ʼn geruime tyd op vrye voet. Hy word gereeld in die voorstede opgemerk.”

Dit is egter nie die enigste bobbejaan op vrye voet in die stad nie. ʼn Paar bobbejane word in woongebiede opgemerk, aangesien hul natuurlike habitat bedreig word. “Ons laat vir hulle al hoe minder plek om rond te beweeg. Die troppe is onder al hoe meer druk om te oorleef,” het Wilson gesê. “Hulle druk dié bobbejane, wat nie vir die trop se dinamika noodsaaklik is nie, uit die groep. En hulle moet dan vir hul eie bestaan sorg.”

Die bobbejaan is al vir ongeveer ʼn week lank op vrye voet. “Dr. Brett Gardner, ʼn veearts van die Johannesburg-dieretuin, sê die bobbejaan is nogal vaardig,” het sy bygevoeg. “Ons het hom verlede week en oor die naweek ʼn paar keer met ʼn verdowingspyl probeer skiet, maar hy herken motors, veeartse en verdowingspylgewere. Hy is altyd een stappie voor ons.”

Alhoewel die bobbejaan nie enige tekens van aggressie toon nie, het Wilson inwoners aangeraai om hom nie ʼn hoek vas te keer of hom bedreig te laat voel nie. “Hy is vinnig en beweeg oor mure en heinings. Hy het nog nie enige honde of katte beseer nie.”

Sy versoek dat mense, wat die bobbejaan opmerk, met die DBV in verbinding sal tree.

Die bobbejaan, ʼn volwasse mannetjie, is laas in Observatory gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

Die arme dier. Ek wonder of die mens werklik weet wat hulle aan die diere doen? Ook, sou van hulle weet, is dit duidelik dat hulle nie omgee nie.

Dis werklik kommerwekkend!

EyesEars ·

Was Vrydag oggend in Woodmead Drive by McCarthy motors opegemerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.