JHB-botsing eis lewe

ʼn Man is dood en vier mense beseer nadat twee voertuie vroeg Saterdagoggend in Roodepoort, Johannesburg, gebots het.

Volgens André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, het die botsing op die kruising van Corlettrylaan en Ontdekkersweg plaasgevind.

“Die oorsaak van die botsing is nog nie in hierdie stadium bekend nie. ʼn Renault het met ‘n geweldige slag agterin ʼn VW Golf vasgery. Daar was vyf mense in die Golf. Die impak was so groot dat drie passasiers uit die voertuig geslinger is. Die Renault het omgeslaan en op sy dak beland. Albei voertuie is erg beskadig,” het Visser gesê.

Twee van die passasiers in die Golf is in die wrak vasgekeer en moes uit die voertuig gesny word. Een van hulle is op die toneel dood verklaar. Die ander man het ernstige kopbeserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die bestuurder van die Renault is ongedeerd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.