JHB-brand: Polisie ondersoek brandstigting ná vier se dood

Die Cape York-gebou in Johannesburg

Die Johannesburgse polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat ʼn brand oor die naweek by ʼn gebou in die middestad uitgebreek en die lewens van drie volwassenes en ʼn baba geëis het.

Sibongile Mnguni, ʼn polisiewoordvoerder, het aan eNews Channel Africa gesê die polisie vermoed die brand is Saterdagoggend met opset gestig. Teen Sondagaand was niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mnguni het gesê die liggame van twee volwassenes en ʼn baba is in die puin van die woonstelblok op die hoek van Jeppe- en Nuggetstraat opgespoor. Die derde persoon het deur ʼn venster uit die brandende gebou gespring en is onderweg na die hospitaal dood.

Lees ook:
JHB-brand: Petrol moontlik die oorsaak
Vier sterf in JHB-brand
Twee in brandende gebou vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.