JHB-brande laat 57 gesinne dakloos

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Totaal van 40 plakkershutte is Vrydagoggend in die Rugby Club informele nedersetting in Roodepoort verwoes.

Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van Johannesburgse nooddienste, het gesê die brand het omstreeks 05:00 uitgebreek. “Na wat verneem word, is die brand veroorsaak deur ʼn foutiewe elektriese toestel of ʼn kers,” het hy gesê.

Mulaudzi het gesê dit was die tweede brand in die Johannesburg-omgewing in die afgelope 24 uur. “17 plakkershuise is in ʼn brand verwoes wat Donderdagaand in Diepsloot uitgebreek het,” het Mulaudzi bygevoeg.

Mulaudzi het inwoners versoek om nie verwarmers, kerse, gasbranders of oonde sonder toesig te laat nie, aangesien die meeste brande daardeur veroorsaak word. Hy het ook inwoners versoek om nie ongereguleerde elektriese toestelle van straatsmouse te koop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JAVR ·

Ek stem met jou Willy. Plakkers hutte met elektrisiteit???? wat hulle waar kry??? Met hulle skelm drade van die pale af nê en dan vra hulle hoekom die plekke brand! Magtig

JAVR ·

Ek sien daar is alweer ‘n ou oomie aangeval en gekarnuffel in Vereeniging!!! Liewe Vader hy moes ‘n gat in ‘n swart sak kou wat om sy kop gebind is om te versmoor, sodat hy kon asemhaal! Ai man! Hoekom net ons ou mensies!!!! Kom tackle ons julle do…erse lafaards!

Johannes Blom ·

Baie van die plakkers is in elkgeval onwettige immigrante en daar is ook nie sanitasie geriewe dus kan net die regering daarvoor verantwoordelik gehou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.