JHB-burgemeester vrygespreek

Parks Tau

Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, is onskuldig bevind dat hy onregmatig voordeel getrek het uit ʼn konsortium se finansiële transaksie waarvan sy vrou ʼn aandeelhouer is, het The Star Donderdag berig.

“Die uitslag van ons ondersoek verdedig die burgemeester en bewys dat hy in die hele proses met integriteit opgetree het,” het Prema Naidoo, die hoofsweep, gesê.

Volgens The Star is Tau se vrou, Philisiwe Twala-Tau, ʼn klein aandeelhouer van Coral Lagoon. Een van Coral Lagoon se aandeelhouers, Regiment Capital, is glo deur Umbono Fund Managers in 2006 aangestel om die stad se delgingsfonds vir vyf jaar lank te bestuur. ‘n Delgingsfonds word gebruik om skuld te verminder deur die terugbetaling of die aankoop van uitstaande lenings en sekuriteite.

Die koerant berig Jules Browde, die stad se integriteitskommissaris, het bevind dat koerantberigte, wat beweer dat Tau die besluit om die bestuurtender aan Regiment Capital toe te staan beïnvloed het, ongegrond was.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.