JHB-dieretuin betreur afsterwe van ysbeer

Geebee by die Johannesburgse dieretuin Foto: Happy Touring

Geebee by die Johannesburgse dieretuin Foto: Happy Touring

Die Johannesburgse dieretuin betreur die afsterwe van een van sy twee ysbere, het Johannesburg Stadsparke en die Dieretuin, Woensdag gesê.

“Geebee is Sondagaand oorlede en die oorblywende ysbeer, Wang is nog steeds onrustig,” het Jenny Moodley, woordvoerder, gesê.

“Die 29-jarige Geebee is verlede week vir diarree behandel,” het dr. Katja Koeppel, bestuurder van veeartsenykunde by die Johannesburgse dieretuin, gesê. “Sy het aanvanklik goed reageer op die behandeling, maar het na ʼn paar dae verdere behandeling begin verwerp.”

Koeppel sê hulle het Maandagoggend vroeg tydens ʼn roetine-ondersoek ontdek Geebee is oorlede. “Dit is moontlik weens natuurlike oorsake. Ysbere wat 29 jaar bereik word as “oud” vir hul spesie beskou,” het sy bygevoeg.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word en die uitslag behoort teen volgende week beskikbaar te wees.

Geebee is op 27 Februarie 1985 gebore en in 1986 saam met Wang na die Johannesburgse dieretuin gebring. Geebee was deel van ʼn vennootskap met Interzoo in Quebec in Kanada en Wang is oorspronklik van Sapporo-dieretuin in Japan.

Koeppel sê hulle sal ekstra speelgoed, snoepgoed en gedragsbevorderingsterapie aan Wang verskaf om hom te help met sy rouproses en sy spanning te verminder. Hy is in November 2010 met lewerversaking gediagnoseer.

Koeppel sê die dieretuin het nie planne om Geebee te vervang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.