JHB-dieretuinstaking verby

Die Johannesburgse dieretuin. Foto: kanwischerstrassberger.com

Die Johannesburgse dieretuin. Foto: kanwischerstrassberger.com

Bedrywighede by die Johannesburgse dieretuin is weer terug na normaal nadat ‘n paar werknemers Maandag gestaak het.

“Alles is onder beheer en al die stakende werkers het Dinsdag weer begin werk,” het Jenny Moodley, die dieretuin se woordvoerder, gesê.

Nagenoeg 90 werkers het Maandag gestaak om teen die samesmelting van die dieretuin met City Parks te betoog.

Die stakers het ‘n vergadering met die besturende direkteur versoek om hul kommer te bespreek. “Die vergadering het om 14:00 plaasgevind en die werkers is gevra om hul griewe skriftelik aan die besturende direkteur voor te lê,” het Moodley gesê.

Hy sê daar was geen ontwrigting vir die diere nie, en dat hulle reeds gevoer was toe die vergadering plaasgevind het.

“Ons het ook maatreëls in plek om te verseker dat alle kampe veilig is, en die veiligheid van ons besoekers was die hoogste prioriteit.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.