JHB-gyselaarsdrama: Man doodgeskiet

‘n Spesiale taakspan van die polisie het Vrydag die man, wat sy meisie in Evaton, suid van Johannesburg, gyselaar gehou het, doodgeskiet.

Die man het Vrydagoggend omstreeks 08:00 sy meisie gevange geneem en in ‘n motor in ‘n erf gyselaar gehou. Die polisie sê die situasie het in Vereeniging begin waar die vrou se broer glo in die been geskiet is, berig EWN. Die besonderhede hieroor is egter nog nie duidelik nie. Drie skote is Vrydagmiddag gevuur, waartydens die man doodgeskiet is. Die vrou is net daarna deur lede van die taakmag gered. Honderde mense, wat by die toneel saamgedrom het, het gejuig toe sy na veiligheid gebring is.

Die polisie het die hoofpad na die woonbuurt versper. Verskeie polisie-eenhede, insluitend die taakspan en die lugeenheid is ook deur die loop van die dag ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.