JHB-kleuter aan boom opgehang

boom hang

Argieffoto.

ʼn Vierjarige meisie se liggaam is Maandag in Johannesburg aangetref nadat sy aan ʼn boom opgehang is.

Kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die kleuter se halfnaakte liggaam is deur ʼn voetganger in ʼn oop stuk veld in Katlehong gevind.

“Verdere ondersoek sal bepaal of sy verkrag is voordat sy vermoor is,” het Dlamini gesê.

Dlamini het gesê die meisie is Sondagmiddag vir die laaste keer gesien, maar haar ouers het haar nie as vermis aangemeld nie.

Lees ook:
JHB-kleuter glo met sak versmoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Grobbie

Hoe is dit mootlik dat ouers nie kan begin wonder waar hulle 4-jarige is wanneer dit begin donker word nie?
Watse refleksie is dit nie op die ouers nie?

frikkie

Koekoeke is wat hulle is.

Sarie van Niekerk

Hoekom skryf julle Katlehong is in Johannesburg? Katlehong is by Germiston/Alberton en is in Ekurhuleni. Dit het niks met Johannesburg te doen nie

Waaksaam

sjoe …. dis darem vreeslik – ek hoop hulle ander kinders word weg gevat as daar nog is !

Pollie

Die kommentaar op hierdie storie is walglik… werklik mense! Dis ‘n klein kindjie wat vermoor is en julle kan nie verby hul verkleur kyk nie. Hoe weet julle die ouers is sleg? Weet julle wat die omstandighede is; waarom die kind nie as vermis aangemeld is nie? En om swart mense as diere te beskryf… a nee a! Julle behoort julself te skaam.