JHB-kragonderbreking saai chaos in stad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kragonderbreking in die Wes-Rand en noordelike dele van Johannesburg het Donderdagoggend chaos op die stad se paaie veroorsaak.

Die Johannesburgse metropolisie het gesê kragonderbrekings kom voor in die Wes-Rand by Roodepoort, Florida en Constantiakloof. “Rosebank, die gebied rondom William Nicolweg en die Fourways-omgewing word ook geraak,” het inspekteur Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

Talle verkeersligte is buite werking as gevolg van die onderbreking.

“Ons versoek motoriste om asseblief geduldig te wees en mekaar te respekteer want ons weet mense gaan angstig en laat wees vir werk,” het sy gesê.

“Metropolisiebeamptes en Outsurance-puntsmanne gaan hul bes doen onder die omstandighede. Ongelukkig sal ons nie al die kruisings kan beman wat tans beïnvloed word nie.”

Intussen het ʼn beampte van City Power gesê dit is nog nie bekend hoe lank die kragonderbreking gaan voortduur nie. City Power se werkers is tans besig met ʼn onwettige staking en hulle word glo blameer vir die kragonderbrekings. City Power het gesê hulle het ʼn noodplan om die kragonderbrekings te herstel deur privaatkontrakteurs te huur. Hulle beplan om Donderdag met die stakende werkers te vergader in ʼn poging om die arbeidsgeskil op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Meneer ·

Voor die Sandton Convention Centre staan ‘n klomp JMPD lede en krap in hulle neuse – pas glo een of ander hoë profiel idioot op. Kan gerus die verkeer gaan reguleer in probleemareas, maar beskerm eerder die een of ander gierige krimineel.

Meneer ·

Dis ook weer waar, vuurvreter. Gelukkig strike die petroljoggies darem nog nie, anders was daar nie eers brandstof vir Madiba se kragopwekker nie.

Werner ·

Miskien as ons ophou verniet elektrisiteit weggee vir Zimbabwe, sal daar genoeg vir ons almal hier wees.
Miskien moet ons ‘n paar kabel diewe ook probeer vang en ophou rondsit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.