JHB kry grafsteen-alarms

bloeisel-in-begraafplaas-320x240Johannesburgse owerhede sal van vroeg volgende jaar af die installasie van veiligheidstoestelle vir grafstene bekendstel.

Alan Buff, wie verantwoordelik is vir die begraafplase in Johannesburg, sê ʼn ooreenkoms is met ʼn private maatskappy aangegaan om mikroskyfies wat as senders dien in grafstene te installeer. Hy sê die stelsel is ontwerp om beweging op te tel en ʼn sirene te laat afgaan. “Ons sal dan dadelik weet in watter area ʼn grafsteen geskuif word en in staat wees om dit op te spoor. Dit is soos jou motor se opsporingstelsel.” Buff sê ʼn SMS-boodskap sal aan die oorledene se familie gestuur word om hulle in kennis te stel dat daar met die grafsteen gepeuter word. “Natuurlik is daar baie emosie wat daarmee gepaardgaan,” sê Mark Pringle, direkteur van Memorial Alert. Dié Suid-Afrikaanse maatskappy besit die patent vir die wêreld se eerste grafsteenveiligheidstegnologie. Die tegnologie sal selfs die geringste van bewegings soos die skuif van ʼn vaas kan optel. Pringle sê families van oorledenes kan self besluit of hulle die stelsel wil installeer. Die prys daarvoor is nog nie vasgestel nie. Daar sal ook die opsie wees om versekering uit te neem teen diefstal en vandalisme. Johannesburg se 36 openbare begraafplase het sensors en word deur veiligheidswagte gepatrolleer maar word daar nogtans tussen 15 en 20 grafstene per maand gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg ·

Hel wat nog? Tot lyke word gesteel? Wat in die land word nie gesteel nie? Alles is agter slot, grendel en alarms. Die staat is nie meer in staat om ons lewens en eiendom te beskerm nie. Ons is nou self daarvoor verantwoordelik. Ons moet geregtig wees om dit wat ons doen om onsself, ons families en eiendom te beskerm van ons persoonlike inkomste belasting terug te eis.

AmY ·

Goeie idee. Dan kan die vandale en sataniste ophou om grafte te verwoes. Weet net nie van die BAIE OU GRAFTE waar al die familie lede al oorlede is nie. Maar ja, nie slegte idee nie.

leon ·

More almal en more aan n spesiale blondine, nee kyk mens is al te bang om dood te gaan in Suid Afrika. Hulle laat jou nie eers in vrede as jy dood is nie. Wat kan nog erger word?

Walter ·

More almal. He he he dankie leon ek is ook blond! Hierdie soort van diefstal kom so vêr terug van die Bybelse tyd. Ek was onlangs in Israel by die Graf en daar het ek die ander grafte gesien hoe was hulle geplunder omdat mense met al hulle juweliersware aan in die klip kiste gesit was.

leon ·

Seg net as jy al die goed moet terugeis wat jy moet doen sal die regering al jou belasting dubbel elke jaar moet terug betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.