JHB-man dood na “grap” by winkelsentrum

Stoneridge Mall

ʼn Man is dood nadat hy gegly en van ʼn balkon by die parkeerarea afgeval het by Stoneridge-winkelsentrum aan die Oos-Rand van Johannesburg, het paramedici Saterdag gesê.

Die man het glo Vrydagaand as ʼn grap oor die reling van die balkon geklim maar hy het sy balans verloor en 15 meter geval, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het by die toneel opgedaag en die man was reeds in ʼn kritieke toestand nadat hy talle traumatiese beserings aan sy liggaam opgedoen het.” Die paramedici kon die man egter nie die man bybring nie en hy het aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.