JHB-man skiet glo op polisie ná moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Saterdag in Johannesburg se middestad glo ʼn ander man doodgeskiet en toe op die polisie losgebrand.

“Die verdagte het die man, vermoedelik in sy 50s, op die hoek van Wanderers- en Kleinstraat doodgeskiet,” het senior supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Polisiebeamptes het die geweerskote gehoor en gesien hoe die verdagte, met ʼn vuurwapen, in King Georgestraat hardloop.”

Volgens Minnaar het die verdagte op die polisiebeamptes geskiet toe hulle hom probeer aankeer. “Die beamptes het teruggeskiet en die man is in sy regterbeen getref. Nie een van die polisiebeamptes is beseer nie.”

Die verdagte, ʼn man in sy 30s, is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hy sal aangekla word van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.