JHB-man skiet kinders, self

ʼn Man het sy twee kinders en homself Vrydagaand by hul huis in Mondeor, Johannesburg, doodgeskiet.

Die seun en dogter, wat onderskeidelik 8 en 12 jaar oud is, is in die kop geskiet, het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste gesê. “Ons weet nie of die ma dalk vir die aand uit was en of sy wel daar gebly het nie,” het hy gesê. Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.