JHB-man sterf glo weens koue

Die liggaam van ʼn man is Woensdag op ʼn sypaadjie in Johannesburg gevind.

Edna Mamonyane, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die man se liggaam is omstreeks 06:30 deur metropolisiebeamptes op die die hoek van Elias Motsoaledi- en Khanyilestraat in Soweto gevind.

“Daar was geen tekens van wonde of beserings op die man se liggaam nie,” het Mamonyane gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied en ʼn geregtelike doodsondersoek gaan gedoen word om te bepaal of die man weens die koue weer dood is, of moontlik vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.