JHB-man vas vir moord op kollega

boeie 2ʼn 53-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy kollega in Johannesburg.

Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die man het na bewering op 13 Februarie sy 42-jarige kollega op die hoek van Eloff- en Fennelstraat verskeie kere met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Die motief vir die moord is nog onbekend.

“Die man, wat deur sy prokureur vergesel was, het hom Saterdag aan die polisie oorgegee en hy is in hegtenis geneem,” het Mbele gesê.

Hy moet binnekort in die hof verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.