JHB-man verkrag sy eie ma

Die polisie in Johannesburg is tans op soek na ‘n 33-jarige man wat glo sy 55-jarige ma verkrag het.

Die verdagte, wie se naam nie bekendgemaak kan word nie om sy slagoffer te beskerm, het sy ma se kamer betree en haar met ‘n mes gedreig voordat hy haar na die bure se huis gesleep, en daar glo verkrag het, berig SowetanLIVE. Luitenant Raphael Motloung, woordvoerder van die polisie in die Matatiele Luphindo-dorpie, het gesê die verdagte het na die voorval sy getraumatiseerde ma in die huis toegesluit en toe weggehardloop. Motloung sê die slagoffer het op 14 Oktober omstreeks 19:00 in haar slaapkamer langs ‘n manlike vriend lê en slaap toe die seun aan die deur geklop het.

Die seun het glo honger by die huis aangekom en buite die huis staan en skree dat hy kos soek. “Hy het ‘n bohaai opgeskop en sy ma was bekommerd oor die bure en het die deur oopgemaak. Hy het aanhou vra vir kos, maar sy ma het gesê hy moet vir homself iets kook, aangesien sy reeds aan die slaap was,” het Motloung gesê.

Die seun het toe glo baie kwaad geword en na die slaapkamer gegaan waar hy gedreig het om die vriend met ‘n bosmes, wat hy by hom gehad het, te steek. “Hy het die kombers van hulle afgetrek en toe die ma na ‘n buurman se huis gesleep. Na bewering het hy haar die hele aand lank daar gehou en haar herhaaldelik verkrag tot in die vroeë oggendure. Hy het toe weggehardloop,” het Motloung bygevoeg.

Die slagoffer het die saak by die polisie aangemeld en hulle het ‘n soektog van stapel gestuur. Tot dusver kon hulle nog nie die verdagte vastrek nie. Motloung sê dit is kommerwekkend dat soveel ouer vroue misdaadslagoffers word en doen ‘n beroep op die publiek om misdade by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ursula ·

Hoe siek het die wereld nie geword nie!!so iets kan by geen regdenkende posvat nie!!dwelms en drank maar die oorsaak van al die elende!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.