JHB-matrikulant pleeg selfmoord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Matrikulant het haarself by haar ouerhuis in Hurlingham, Johannesburg, opgehang.

“Dit het Woensdag, op die eerste dag van die akademiese jaar, gebeur,” het konst. Thabo Malatjie, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Die 17-jarige was ʼn leerling aan die St Theresa-skool in Rosebank.

Suster Barbara Summer, skoolhoof, het gesê ʼn traumaberader is ontbied om met die leerlinge te praat. “Die meisies het, met behulp van die berader, gebid en ʼn kers opgesteek ter nagedagtenis aan die meisie. Hulle het stories gedeel en mekaar ondersteun,” het Summer gesê.

Malatjie sê ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

trudie ·

my hart gan uit na die meisie se ouers.wat kan n kind tot so iets dryf iets moes regtig verkeerd gegan het vir haar om so iets te doen.mag die Here saam met haar familie wees ek is n ma en glo nie ek sal dit kan oorleef as so iets met my kind gebeur nie ek sal graag wou weet wat dit veroorsaak het

Celeste ·

Dis hart-verskeered. My inige simpatie gaan uit na die familie en vriende toe. Daar is altyd ‘n uitweg en dit laat my wonder of daar genoeg hulp is vir tieners wat onder skool en of sosiaal druk is en wat depresief is. Ek was self ‘n baie depresiewe tiener en het self probeer selfmoord pleeg (slaap pille). Dis ‘n diep en donker tonnel wat baie moeilik is om uit te kom maar soos ek se daar is altyd ‘n uitweg.

Sterkte aan die familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.