JHB-metro waarsku motoriste oor nommerplate

Die metropolisie in Johannesburg het motoriste Donderdag oor strawwe boetes vir, onder andere, verbloemde nommerplate gewaarsku.

“Indien motoriste aan nommerplate peuter, of iets bo-op die nommerplaat sproei wat veroorsaak dat mens dit nie kan sien nie, kan die motoris vir nommerplaat-bedrog in hegtenis geneem word,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder vir die metropolisie gesê. Motoriste sal R500 beboet word vir elke afwesige nommerplaat en kan in hegtenis geneem word indien die motor glad nie nommerplate het nie. Motoriste sal tot R250 beboet word vir verbloemde nommerplate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.