‘n Johannesburgse metropolisiebeampte is omgery toe hy Donderdag probeer het om ‘n motoris af te trek.
“Die beampte wou die bestuurder van ‘n wit Volkswagen Golf, wat nie nommerplate gehad het nie, aftrek. Die motoris het hom omgery en weggejaag,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê. Die 26-jarige beampte is na ‘n hospitaal geneem.
Die bestuurder van die Golf is steeds op vrye voet.