ʼn Gedeelte van Rondebultweg in Boksburg, oos van Johannesburg, moes Maandagoggend vir verkeer gesluit word nadat betogers die pad met klippe, rommel en brandende bande versper het.
Kobeli Mokheseng, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Rondebultweg tussen Main- en Leeupoortweg is reeds sedert die vroeë oggendure vir verkeer gesluit.
Die polisie is nog nie seker waaroor die inwoners betoog nie. “Ons sal ondersoek instel en die mense opspoor wat vir die versperrings verantwoordelik is,” het Mokheseng gesê.
Lyk my daar word deesdae net betoog omdat betoog betoog is. Eish!!!