Jhb-pad vir verkeer gesluit weens betoging

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gedeelte van Rondebultweg in Boksburg, oos van Johannesburg, moes Maandagoggend vir verkeer gesluit word nadat betogers die pad met klippe, rommel en brandende bande versper het.

Kobeli Mokheseng, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Rondebultweg tussen Main- en Leeupoortweg is reeds sedert die vroeë oggendure vir verkeer gesluit.

Die polisie is nog nie seker waaroor die inwoners betoog nie. “Ons sal ondersoek instel en die mense opspoor wat vir die versperrings verantwoordelik is,” het Mokheseng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.