JHB-restauranteienaar sterf ná aanval

Foto: Juan Manguia

Brian Shalkof, een van die eienaars van die Gramadoelas-restaurant in Newtown in Johannesburg, het aan sy beserings beswyk nadat hy en sy lewensmaat, Eduan Naude, verlede maand tydens ʼn rooftog aangerand is, het The Star Woensdag berig.

Shalkof (65) en Naude is deur vier gewapende mans oorweldig toe hulle verlede maand in die vroeë oggendure ná werk by hul huis in Hillbrow opgedaag het. Shalkof is erg aangerand en na die Millpark-hospitaal geneem met verskeie inwendige en uitwendige beserings. Naude is nie ernstig beseer nie. Die rowers het met skootrekenaars, selfone en kontant gevlug.

Naude het aan die koerant gesê die masjiene, wat Shalkof aan die lewe gehou het, is Maandagaand afgeskakel. Shalkof en Naude is al vir 45 jaar lank sakevennote en lewensmaats en bestuur die Gramadoelas-restaurant, ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse restaurant by die Market Theatre, al sedert sy ontstaan in 1967.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.