JHB-rommelverwyderaars staak

Argieffoto

Werkers van die Johannesburgse vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, het vandag met ʼn onwettige staking begin al is ʼn dringende hofbevel Sondag bekom om dit te verhoed.

Die bestuur van Pikitup sê min werkers het vanoggend vir werk opgedaag. “Van die werkers betoog buite die hoofkantoor. Dis chaoties,” het Desiree Ntshingila, Pikitup se woordvoerder, gesê. Die polisie is op gereedheid geplaas en hou die situasie by die hoofkantoor dop.

Die munisipale vakbond Samwu sê sy lede is ontevrede oor sommige diensvoorwaardes en werksomstandighede. Volgens Ntshingila gaan die maatskappy en Samwu later vandag oor die kwessies vergader. Die maatskappy is vol hoop dat dienslewering Dinsdag hervat sal word.

Lees ook:
Pikitup-werkers staak nie, hulle sing glo net

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.