JHB-sakeman dood in Soweto aangetref

Jeffery Wiggill, die voorsitter van die First Tech Group, se liggaam is Donderdag in Soweto aangetref.

Volgens kapt. Augustinah Selepe, ʼn polisiewoordvoerder, is Wiggill (59) se liggaam naby sy luukse voertuig in ʼn oop veld langs Randfonteinweg in Protea Glen gevind. Wiggill het ʼn koeëlwond in sy kop gehad. Sy beursie en selfoon word vermis. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof. Die motief vir sy moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Paul ·

Hoe kry ons berigte soos hierdie uit na die buiteland sodat die skille van bedrog van hulle oë kan afval. Suid-Afrika is nie so veilig as wat JZ dit aan die wêreld verkoop nie!!!

Miss Knysna ·

J Cob is a moron, I am sure the rest of the world has seen right through him. This beautiful country is on a downward slide. Condolences to the family of Mr. Wiggill.

Kipi ·

En so moor Suid Afrika sy medemens. Sonder motief, want hulle kan. En hulle kom daarmee weg! Die man is net nog ‘n statistiek – een wat waarskynlik diep in die argiewe gaan begrawe word. Vir ‘n foon en ‘n beursie (wat waarskynlik nie eens kontants in gehad het nie), is hierdie mens sinneloos vermoor. Soveel sinnelose moorde in hierdie land. Innige simpatie vir Mnr. Wiggill se familie, vriende en kollegas.

Gerhard ·

Dit is hoog tyd dat daar in Suid Afrika ‘n referendum gehou moet word insake die terugbring van die doodstraf. Te veel onskuldige mense word doodgemaak terwyl die moordenaars lang tye in die tronk deurbring sonder enige bekommernis oor slaapplek, kos ensovoorts waarvoor die belastingbetaler moet opdok. Die dag as iemand van die sogenaamde leiers of hul naasbestaandes wreed vermoor word, sal dinge seker vinnig verander.

Esther ·

Unless the death penalty is introduced in South Africa crime WILL continue at this alarming rate.. There is no respect for human life whatsoever! How many more people need to loose their lives before anything is done? All my thoughts and condolences with Jeffs family and primarily his children! He deeply touched all our lives and will be missed greatly by all who knew him! RIP JEFFKINS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.