Die stad Johannesburg het Maandag om verskoning gevra nadat hy ʼn kennisgewing van ʼn agterstallige faktuur foutiewelik by voormalige pres. Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, afgelewer het.
“Die stad vra om verskoning aan die Mandela-gesin vir enige ongerief wat deur dié voorval veroorsaak is,” het Kgamanyane Maphologela, woordvoerder van die stad, gesê. Hy sê beamptes van die munisipaliteit het persoonlik na die familie en kinderstigting gegaan om om verskoning te vra.
ʼn Kennisgewing dat die munisipaliteit die munisipale dienste na die huis wil staak is vroeër vandag op EWN se webwerf publiseer. Volgens die kennisgewing is ʼn bedrag van R6 468.48 uitstaande. Die kennisgewing het verder aangedui dat die bedrag reeds vir langer as 30 dae uitstaande is en gewaarsku dat die dienste na die woning gestaak en of beperk sal word en dat regstappe gedoen sal word.
EWN het berig die kennisgewing is oor die naweek by die perseel afgelewer.
Sallo Hatang, woordvoerder van die Nelson Mandela-sentrum van herinnering het vroeër gesê die kennisgewing is foutief. Maphologela het dit bevestig.
Maphologela sê kliënte-data word opgedateer en foute kan mettertyd plaasvind. Hy vra om verskoning aan enige klante wat moontlik dieselfde ondervinding gehad het.
Mandela word sedert 8 Junie in die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria behandel vir ʼn herhalende longinfeksie. Die presidensie sê sy toestand is steeds kritiek, maar stabiel.
Al is hy Mandela , as hy agterstallig is Moët hy betaal solos Alma’s can ons
kan ons rekeninge ook nie , verkeerd wees nie,
As die rekening foutief is, hoeveel ander is foutief? Gaan die fout dan ook so maklik reggestel kan word? Korrupsie is tog SOOOOOOOO lekker!!!!!!!!!!!!