JHB-snelweg sluit weens oliestorting

Argieffoto

Die M1-snelweg in Johannesburg moes Dinsdagoggend vir verkeer gesluit word nadat olie daarop gestort het.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het Dinsdag gesê daar is ʼn dik laag olie in die pad tussen die Booysens-afrit en die Crown-wisselaar in ‘n suidelike rigting. Minnaar het motoriste aangeraai om Main Reefweg en die M2 as alternatiewe roetes te gebruik.

Die storting het omstreeks 09:30 plaasgevind toe ‘n vragmotor in ‘n botsing betrokke was. Teen 11:30 is een baan sover vir verkeer oopgemaak. Opruimingspanne is steeds op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.