JHB-spoedvrate vas

Twee mense is Dinsdagoggend op die N1-snelweg in Midrand, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hulle die spoedgrens oortree het.

“Die 42-jarige man het teen 206km/h in ‘n 120km/h-sone met sy BMW gejaag,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar gesê. “Die 23-jarige vrou het teen 164km/h op dieselfde pad in haar Kia gejaag.” Die twee is elk op R1 500 borg vrygelaat. Die twee sal Donderdag in die landdroshof in Randburg verskyn op aanklag van spoedoortreding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.