JHB van “wêreldgehalte stad”-status ontneem

Die stad Johannesburg is deur die advertensieowerheid aangesê om nie meer ʼn gedeelte van sy “wêreldgehalte Afrika-stad”-veldtog te publiseer nie, aangesien dit glo “misleidend” is.

Die Advertising Standards Authority (ASA) het ʼn klag ondersoek wat deur ʼn inwoner, Steven Haywood, ingedien is. Haywood voer aan dat die stad se bemarkingsveldtog dat hy ʼn “world class African city” is, “blatante onwaarhede bevat”.

Johannesburg met sowat 4.5 miljoen inwoners, is sub-Sahara Afrika se rykste stad en die streek se ekonomiese kern. Alhoewel talle gedeeltes van die stad boomryk, stedelik en welaf is, word die middestad en arm informele nedersettings gekenmerk aan werkloosheid, misdaad, swak behuising en beperkte publieke fasiliteite.

Haywood het veral oor een radio-advertensie gekla wat luisteraars aanmoedig om hul verbeelding te gebruik en te dink dat hulle in ʼn “resessie-kloppende, omgewingsvriendelike wêreldgehalte Afrika-stad” bly. “Verbeel jou ʼn stad waar jy op jou gemak is, met die wete dat die stad finansieel stabiel is, dat alle huise elektrisiteit het. ʼn Stad wat deur ʼn verskeidenheid van energie-doeltreffende ingrype die omgewing red. ʼn Stad wat nuwe poste skep ondanks die ekonomiese afplatting. Kan jy jou verbeel dat jy in so stad bly? Jy doen.”

Haywood voer aan die advertensie is misleidend, aangesien die stad se finansies drie agtereenvolgende gekwalifiseerde ouditverslae ontvang het en sukkel om paaie te onderhou terwyl rommel gereeld op die sypaadjies bly lê omdat die munisipaliteit dit nog nie opgelaai het nie.

Die ASA het Maandag bepaal dat die advertensie in sy huidige formaat “onmiddellik teruggetrek” moet word. Die ASA het gesê hy het “geen ander uitweg” as om te bevind dat die advertensie “wil voorkom of dit ʼn misleidende boodskap kommunikeer” nie.

Fred Mokoko, woordvoerder vir die burgemeester van Johannesburg, het Woensdag aan AFP gesê hulle sal appèl aanteken teen die uitspraak. “Ons prokureurs is besig om die dokumente te finaliseer,” het Mokoko gesê. “Ons gaan appèl aanteken. Ons is nooit die geleentheid gebied om ons kant van die saak te stel nie.”

Hy sê die “wêreldgehalte”-stelling is deel van die stad se 2040 groei-visie, wat reeds in 2005 bepaal is en oral op reklameborde en in glans-vlugtydskrifte te siene is.

Johannesburg het vanjaar ʼn 10-jaar infrastruktuurontwikkelingsplan van R100 miljard aangekondig wat behuising en padinstandhoudingskoste insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

hahahahaha bly om te sien die buiteland besef hu ons eens mooi stad deur die gat getrek is. die spul het die stad oorgeneem toe al die fasaliteite daar was. maar soos gewoonlik als opgef@k waaraan hulle vat. hulle kon i mooi stad nie eers in stand hou ni hu de donner dink die bosaap gaan hulle dit regruk?

Elsa ·

Johannesburg het vanjaar ʼn 10-jaar infrastruktuurontwikkelingsplan van R100 miljard aangekondig wat behuising en padinstandhoudingskoste insluit.

Watse grap is dit. Waar gaan hulle die R100 miljard kry. By die tax payer. Hulle wil jou n rat voor die oe gooi. Samel die geld in en dit gaan verseker nie in die paaie of verbeterings in nie dit gaan in iemand se sak in soos dit al die afgelope 19 jaar gaan. Daarom lyk die land en sy paaie soos dit lyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.